Versorging

Ons versorgingsmodel is gebaseer op tuisversorging.

Alle dienste word aan elke inwoner gelewer in die die gemak van hulle woning, ongeag in watter deel van die oord die inwoner/s bly.

Ons het tans ‘n dagsorgkliniek in die oord. Dit word beman deur ‘n opgeleide suster, wat bygestaan word deur ‘n verpleegster. Hulle sien om na die welstand van ons inwoners, hetsy dit medies, emosioneel of psigies van aard is.

Anistemi Dienssentrum (wat insluit: kliniese dienste, nasorgdienste, rehabilitasiedienste en algemene gesondheidsorgdienste) is nou amptelik oop en verwelkom graag pasiënte. Vind meer hier uit.

Soos die bekende Syd Eckley telkemale gesê het: “Ouderdom is nie n siekte nie,” en daarom wil ons hê dat u menswaardigheid hoog geag moet word.