Geriewe

Anistemi is `n besonderse ontwikkeling met asemrowende tuine, grasbedekking en wandelpaaie wat die verskillende fases aaneenskakel.
Daar is geen trappe nie en alle geriewe is op grondvlak met opritte. Slegs waar nodig, word trappe aangebring.

KLUBHUIS/EETSAAL

Die klubhuis/eetsaal is by die hoofingang van Anistemi geleë en het aanliggende parkeerruimtes.

Dit is `n veeldoelige sentrum waar verskeie programme, asook godsdienstige byeenkomste gehou word.

Die klubhuis/eetsaal is die eiendom van die huiseienaarsvereniging en was ook so ontwerp dat toekomstige onderhoud laag sal wees.

BUITELUG ONTSPANNINGSPARK

Buitelug ontspannings park is geleë in die middel van Anistemi en oorgedra aan die huiseienaarsvereniging.

DIENSSENTRUM

Anistemi Dienssentrum (wat insluit: kliniese dienste, nasorgdienste, rehabilitasiedienste en algemene gesondheidsorgdienste) is nou amptelik oop en verwelkom graag pasiënte. Vind meer hier uit.

Anistemi Aftree-Oord

  • Anistemi is in ‘n plattelandse landelike omgewing geleë.

  • Hier is tans 150 voltooide wooneenhede wat reeds bewoon word deur inwoners, waarvan die meeste al langer as 8 jaar gelukkig hier woon.

  • Geleë in ‘n eksklusiewe stil deel van Klerksdorp (Wilkoppies). Geen besige verkeer, deurloop van mense of verkeer by die oord nie.

  • Naby verskeie mediese geriewe en alle hospitale o.a. Wilmed Park Privaat Hospitaal en Life Anncron Privaat Hospitaal, wat nou spog met ‘n nuwe harteenheid.

  • Wilmed Park Privaat Hospitaal is 2km vanaf die oord en Life Ancron Privaat Hospitaal is 3km vanaf die oord.

  • Die oord is geleë naby winkels en ander geriewe, soos Pick ‘n Pay Hyper, Spar, Woolworths Food, FNB, ABSA, Nedbank, Standard Bank, Mr Price, ens. ‘n Winkelsentrum met die nodige geriewe is slegs 2,5 km vanaf die oord. Die oord is ook ongeveer 6km vanaf die grootste winkelsentru, in Noord-Wes, Matlosana Mall, geleë.

  • Anistemi dienssentrum (wat insluit: kliniese dienste, nasorgdienste, rehabilitasiedienste en algemene gesondheidsorgdienste) het amptelik ge-open op Saterdag, 07 Mei 2022, tesame met die laaste fase van hierdie ontwikkeling wat uit ongeveer 50 deeltitel eenhede sal bestaan.

Anistemi is ‘n tuiste vir gelukkige mense wat ‘n vol lewe wil geniet binne ‘n veilige omgewing en waar daar ook behoorlik omgesien word na die inwoners.