Bestuur en Administrasie

Deeltitel Aftree Suites:

Raad/Bestuur:

  • Ian Mitchell (Voorsitter)

  • Rita Engelbrecht

  • Bianca Stoop

  • Lianey Mitchell

  • Hannes Brink

Heffings word maandeliks ingevorder van alle eienaars en ons is trots om te sê dat ons eienaars goeie betalers is.
Sien onder die onderskeie heffings.

2023 Heffing (levie) per maand:
  • 30m²: R519.00 per maand

  • 40m²: R672.00 per maand

  • 48m²: R 964.00 per maand

  • 60m²: R1,145.00 per maand

Heffings sluit die volgende in:
  • Struktuur versekering

  • Instandhouding buite en rondom die gebou

  • Sekuriteit

  • Vullis verwydering

  • Riooldienste

  • Tuindienste en algemene skoonmaakdienste buite die eenhede

  • Beperkte dienste gelewer deur Anistemi Dienssentrum (Meer inligting sal binnekort hieroor beskikbaar wees)


Pogings om lewenskostes so laag as moontlik te hou:
  • Geysers wat werk met sonkrag (besparing van krag – verminder die aankoop van elektrisiteit)

  • Eenhede is só gebou dat dit Noord/Suid wys vir optimale gebruik van die son.


Uitgesluit:
Inwoners se eie verantwoordelikheid
  • Normale munisipale rekening
    – Riooldienste
    – Munisipale tariewe & belasting (hang af van die waarde en grootte van die woonstel/eenheid/huis)

  • Elektrisiteit – koopkrag (elke eenheid het sy eie kragmeter – RMS Metering – iSmart metering)

  • Water – betaal vir water (elke huis het sy eie watermeter– RMS Metering – iSmart metering)

  • Enige internetdienste gelewer deur MetroFibre of enige ander internetdiensverskaffer/s.

  • Diefwering & veiligheidshekke & alarms (verwagte standaard)
    – elke persoon het ‘n ander behoeftes, bv. Trellidoor / Maxidoor

  • Enige addisionele behandeling/sorg wat buite die basiese sorg raamwerk val, is vir u eie rekening.


Medies
  • Inwoners van eenhede moet vir ‘n verpligte mediese ondersoek by hul huisdokter gaan, sodat mediese kondisies en -geskiedenis van elke inwoner opgedateer en op datum is.