Algemene Vrae

Word ek die eienaar van my eenheid of het ek net lewensreg daarop?

Al ons losstaande erwe is voltitel erwe. Die aftreesuites is deeltiteleenhede. In beide gevalle beteken dit dat u eiendomsreg het en dat dit in u naam geregistreer word by die Aktekantoor.

Watter verskuilde kostes is daar wat ek behoort van te weet?

Daar is geen verskuilde kostes nie. U sal die maandelikse heffing aan die huiseienaarsvereniging moet betaal. As eienaar, is u verplig om die munisipale belasting en watergebruik aan die plaaslike owerheid te betaal, asook u maandelikse munisipale rekening vir dienste gelewer en beskikbaarheid van dienste. Alle krag in die oord is koopkrag en elke eenheid word voorsien met ‘n koopkragmeter. U is self verantwoordelik vir die aankoop van u elektrisiteit.

As ek my eiendom verkoop, moet ek n gedeelte van die koopprys aan die oord teruggee wanneer ek my eiendom verkoop?

Nee, die volle verkoopprys is joune om te doen daarmee wat jy wil.

Hoe veilig is dit om in Anistemi te bly?

Baie veilig, ons het ‘n 24 uur toegangsbeheer by die ingang. Daar is ook 2m hoë mure, wat ten volle ge-elektrifiseerd is.

Vir wie almal is Anistemi ‘n goeie bestemming?

Enige persoon ouer as 50 jaar kan in die aftree oord bly. Met getroude paartjies, moet een van die eggenote 50 jaar of ouer wees. om in die oord te kan woon. Enige persoon onder die ouderdom van 50 kan wel eiendom in die oord besit en die eiendom uitverhuur.

Sal ek nodig hê om weer te skuif?

Nee, u bly in u eie woning wat in ‘n veilige omgewing geleë is. Dit is ook tussen mense van u ouderdomsgroep. Versorging vind plaas in u eie woning. U kan dus rustig bly en ‘n vol en rustige lewe geniet.

Watter sosiale aktiwiteite is daar?

Daar is ‘n aktiewe sosiale komitee in die oord wat uit inwoners bestaan. Hulle reël verskeie aktiwiteite en programme wat by die oord plaasvind. Daar is ‘n ontspanningsaal wat vir hierdie aktiwiteite aangewend kan word.

Vertel my meer van die omgewing?

Anistemi is in ‘n stil, plattelandse landelike omgewing geleë. Die oord is geleë in Wilkoppies, Klerksdorp. Daar is geen besige verkeer of deurloop van mense nie. Dit kyk uit in ‘n westelike rigting na Hartbeesfontein. Dit is naby alle privaat hospitale, mediese geriewe, winkels, banke en nog baie meer.

Wat gebeur as my gesondheid sou verswak?

Eerstens word u gesondheids- en fisiese vermoëns geëvalueer om u versorgingsbehoeftes vas te stel. Anistemi Dienssentrum (wat insluit: kliniese dienste, nasorgdienste, rehabilitasiedienste en algemene gesondheidsorgdienste) is nou amptelik oop en verwelkom graag pasiënte. Vind meer oor die dienssentrum hier uit.

Is daar kliniese dienste beskikbaar by Anistemi?

Ja. Anistemi Dienssentrum (wat insluit: kliniese dienste, nasorgdienste, rehabilitasiedienste en algemene gesondheidsorgdienste) is nou amptelik oop en verwelkom graag pasiënte.

Kan ek steeds aanhou werk terwyl ek in Anistemi sou bly?

Ja, niks verhinder u om op te hou werk wanneer jy jouself huisves in die oord nie.

Kan ek net opsluit en ry as ek êrens heen wil gaan?

Ja, die sekuriteit in die oord is baie goed. Indien u op vakansie gaan, moet u self reël vir die natmaak van u tuin. U gras en rante word egter een keer per week gesny, al is u nie by die huis nie.

Word my privaatheid beskerm?

U woning is u eiendom en uself kan besluit tot watter mate u wil deelneem aan gemeenskaplike aktiwiteite. Niemand gaan kom inbreuk maak op u privaatheid nie.

Wat van instandhouding?

By die voltitelerwe is uself verantwoordelik vir alle instandhouding op u erf. By die aftreesuites (deeltiteleenhede) is die beheerliggaam verantwoordelik vir die onderhoud en instandhouding aan die buitekant van die eenheid, maar aan die binnekant van u eenheid is uself verantwoordelik vir die instandhouding.

Hoe word bekostigbaarheid verseker?

Die heffings word jaarliks vasgestel by die jaarvergadering van die huiseienaarsvereniging.
’n Behoorlike begroting word voorberei en vooraf gesirkuleer. Daar word verseker dat die heffings behoorlike waarde vir u geld bied.

Is my vriende en familie welkom om te kom kuier?

U gaste en familie is altyd welkom.

Hoe ver is ek van hospitale, kerke en besighede?

Ons eie Anistemi Dienssentrum (Kliniek) is net buite jou voordeur!
Wilmed Park Privaat Hospitaal is 2km van die oord af en Life Ancron Privaat Hospitaal is 3km van die oord af. Pick & Pay Hyper, Mr Price, FNB, Nedbank, Standard Bank en die Woolworths Food sentrum is 2,5km van die oord af. Die grootste winkelsentrum in Noord-Wes is ongeveer 6km vanaf die oord geleë.